Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – HARTBEESPOORT - Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) se Station 21 Fire and Rescue-span, AfriForum se 10-manbrandspan, Necsa-brandbestrydingspanne, Madibeng-brandweer, die Nasionale Seereddingsinstituut Hartbeespoort (NSRI) en ‘n helikopter het lugondersteuning gebied en sakke water vanuit die Hartbeespoortdam onttrek en op die toneel gestort. 
Hierdie vinnige optrede het die voortsnellende brand, aangedryf deur ‘n stormsterkte wind teen 23:00 onder bedwang kon bring. 

Station 21 Fire & Rescue het later, met die nodige toerusting, ook water uit nabygeleë swembaddens gepomp om te help om aangrensende eiendomme teen die springende vlammehel te beskerm. Teen 22:00 was die brand grootliks onder beheer en geblus.
Die fenominale vinnige reaksie en samewerking van al die rolspelers het verseker dat die brand nie verder versprei het nie en inwoners se lewens is deur hulle onbaatsugtige optrede gespaar. Ander huise het minder ernstige skade gehad en dwarsdeur die nag het brandweerpersoneel gebly om smeulende kole te blus. (Hierdie amper bo-menslike optrede en hulp word ontsettend waardeer en daar is nie woorde om al die rolspelers te bedank nie. Ons harte gaan uit na die Kosmos-inwoners wat alles in hierdie ramp verloor en groot skade gely het.)