Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – By Wellness World in Brits en Hartbeespoort is daar professionele fiksheidsinstrukteurs en welstandskonsultante wat seniors kan bystaan met die perfekte fiksheid- en gesondsheidprogramme.
Oefening is ‘n baie belangrike deel van almal se daaglikse gesondheid en soveel meer vir ouer volwassenes – dit is nooit te laat om fiks en gesond te bly nie.
Suid-Afrikaanse data toon dat veroudering by die meeste mense gepaard gaan met ‘n toenemende afname in fisieke aktiwiteit.

Die meeste chroniese siektes hou verband met sekere lewenstylaspekte soos fisieke onaktiwiteit en ontwikkel progressief met tyd. Ongeveer 80% van persone 65 jaar en ouer kan moontlik chroniese siektes ondervind.
Daar bestaan verdere aanduidings dat seniors se soepelheid, balans, spierkrag en reaksietyd beduidend deur fisieke oefening verbeter kan word.
Navorsing toon verder dat mense ouer as 60 jaar wat gereeld fisiek aktief is, oor dieselfde of ‘n beter staat van gesondheid beskik as respondente wat 20 jaar jonger is en wat fisiek onaktief is. 
Dit is moontlik dat oefening die ouer persoon ‘n gevoel van groter beheer oor sy lewe gee, omdat hy voel dat hyself  ‘n positiewe bydrae tot die verbetering van sy gesondheidstoestand lewer.
Seniors wat fisiek aktief is, is gesonder en gelukkiger as fisiek onaktiewe seniors. 
Gereelde fisieke aktiwiteit van voldoende omvang om die fisieke fiksheid in stand te hou of te verbeter, het die potensiaal om die funksionele welstand van seniors te verhoog.
Wellness World het buigbare lidmaatskap-opsies om in almal se behoeftes te kan voorsien. Seniors kan nou een maand gratis lidmaatskap kry indien hulle gedurende November by Brits of Hartbeespoort Wellness World aansluit. 
Besigheidsure by beide Brits en Hartbeespoort is Maandae tot Donderdag van 05:00 tot 21:00, Vrydae vanaf 05:00 tot 20:00 en Saterdae vanaf 06:00 tot 13:00 oop. Sondae is dit gesluit.
Vir meer inligting skakel 012 943 6327 (Hartbeespoort) en 012 252 2352 (Brits).