Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – KOSMOS – Paul Prinsloo (62) het weer Maandag in die Brits Landdroshof verskyn vir die moorde op sy vrou (Magdalena Prinsloo (58) en haar dogter, Ruzanne Weideman (31) wat Prinsloo in die egpaar se huis op Kosmos doodgeskiet het.
Volgens die staat was daar ‘n hewige rusie tussen Paul en Magdalena, waarna hy glo sy jaggeweer gaan haal en sy vrou en stiefdogter doodgeskiet het.

Kort na die voorval is Prinsloo by die huis in hegtenis geneem.
In die hof het hy op ‘n vraag van landdros Reagan Rosenberg geantwoord dat hy nuwe regsverteenwoordigers aangestel het, waarna Rosenberg die akte van beskuldiging aan Prinsloo beteken en daarop gewys het om dit aan sy regspan te oorhandig.
Prinsloo se verhoor is na die hooggeregshof oorgeplaas, wat later vanjaar sal begin.