Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – RUSTENBURG – Die Krugerstraat-brug, oor die N4-tolpad in Geelhoutpark, Rustenburg, het Woensdag 25 Junie geopen, na groot opgraderings tussen die Buffelspoort- en Dr. Moroka-wisselaars, op dié tolpad.
Die projek van miljoene rand, is in Maart 2024 van stapel gestuur en 30 km van die N4 is na twee bane in albei rigtings uitgebrei, met die doel om verkeersopeenhoping te verminder en veiligheid vir duisende daaglikse pendelaars en langafstandreisigers te verbeter.

Die res van die konstruksie is op koers en sal na verwagting oor ‘n tydperk van 43 maande voltooi wees. As deel van voortgesette werke, sal die Helen Joseph-wisselaarbrug vanaf 2 Julie 2025 gesluit wees en die heropening word teen 30 Julie 2026 verwag. 
Die bestaande opritte by die Helen Joseph-wisselaar sal egter gedurende die tydperk oop bly. 
Bestuurders word versoek om van die volgende alternatiewe roetes gebruik te maak:
•    Protea Park Noord/Suid: Gebruik Krugerstraat-brug.
•    Safarituine/Azaleapark: Gebruik Krugerstraat-brug of Helen Joseph/Waterberglaan in die rigting van die R24.
•    Toegang tot N4 Wes: Gebruik Dr Moroka.
Bakwena se bedryfshoof, Solomon Kganyago, het motoriste aangespoor om spoedbeperkings en padtekens te gehoorsaam en gewaarsku dat onwettige U-draaie steeds ‘n bron van kommer is. “Hierdie werke sal nie net algehele veiligheid verbeter nie, maar ook die ry-ervaring verbeter,” sê Kganyo.
Bakwena werk daaraan om vertragings te verminder en moedig bestuurders aan om vooruit te beplan. Vir regstreekse opdaterings volg: @bakwenan1n4 op X.