BRITS POS – DAMONSVILLE – ‘n 55-jarige man het gesterf tydens ‘n brand wat in sy buitekamer by ‘n huis in Damonsville in die vroeë oggendure Saterdag, 22 Junie uitgebreek het.
SAPD-woordvoerder, konstabel Ben Moabi het bevestig dat die man dood gebrand het en dat ‘n geregtelike doodsondersoek gelas is. Die oorledene se lyk is langs sy bed in die kamer gekry.
Polisie ondersoek steeds die saak en tot dusver is niemand nog in hegtenis geneem nie.