BRITS POS – ELANDSRAND EN DAMONSVILLE – Die Pendoringsubstasie het in die slag gebly nadat ‘n transformator Sondag deur weerlig getref en aan die brand geslaan het.
Die kontrolekamer is ook vernietig met die toerusting wat nodig is vir die monitering, beheer en beskerming van die elektriese toerusting binne ‘n substasie.
Dit sluit aflos-, beheerpanele, kommunikasietoestelle en ander instrumentasie in wat krities is vir die werking en veiligheid van die substasie.
Die skade beloop miljoene rand. Teen druktyd is daar nog nie ‘n aanduiding gegee van wanneer kontrakteurs met die uitdagende herstelwerk gaan begin nie. Die krisis waarin inwoners verkeer is dat Elandsrand en Damonsville van Sondag af reeds sonder water en elektrisiteit is. (Foto’s: sosiale media)