Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Die Vroue Landbou-unie Brits-tak se Mei vergadering is saamgeroep deur die gesondheid-strudierigting en die keuse vir ‘n sprekers, is ‘n kenner uit die mediese veld, dr Marlize Cochrane-Boeyens.
Haar toespraak oor mediese-etiek was baie interessant en die 28 bestaande lede én twee nuwe lede, Lynette Ferreira en Elsa van Rooyen, wat die vergadering bygewoon het, het haar toespraak baie insiggewend gevind.

Na afloop van die inligtingsessie kon lede relevante vrae oor mediese-etiek vra, waarop dr Marlize insiggewende gegee het. 
Tydens die vergadering is die voorsitter van die tak, Neeltje Louw, se verjaardag gevier en ‘n gedig, geskryf deur Fia van der Merwe (visie-voorsitter), is deur Ita Viljoen (skakelbeampte van die tak), aan Neeltje voorgelees.
Oudergewoonte is die wenners van die tak-kompetisies in verskeie studierigtings soos handwerk, handvlyt, preservering en blomme aangewys. Die uitslae van die kompetsie het weer eens getuig van die uitsonderlike vaardighede en talente wat onder die lede van die Brits tak opgesluit lê.
Die feestelikhede is afgesluit met ‘n gesellige kuier. Die sameroeper, San Pieterse en haar span, Magda Owgan, Charlotte Rossouw, Anéska Smal en Jacqui Posthumus het hulleself oortref met die voorbereiding van heerlike sop en verskeie vars brode. Natuurlik is geen byeenkoms ‘n fees sonder ‘n smaaklike sny koek nie en die wortelkoek wat bedien is, het die smaakkliere behoorlik laat dans.
Vir meer inligting oor en deelname aan dié tak se bedrywighede, stuur ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.