Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS - POTCHEFSTROOM: 8 April 2025 – Die polisie het ‘n soektog van stapel gestuur na ‘n kontant-in transito-rooftog wat Maandagaand, 7 April 2025 plaasgevind het.
Na bewering het ‘n geldwa met twee veiligheidswagte binne, omstreeks 18:00 op die N4-pad, naby Majakaneng, gery.

“Die bussie is deur ‘n aantal voertuie versper, en volgens inligting wat ontvang is, het ‘n onbevestigde aantal swaargewapende verdagtes na vore gekom en skote op die geldwa begin afvuur wat daarna tot stilstand gekom het,” sê kolonel Adéle Myburgh, SAPD Noordwes woordvoerder. “Die bemanning is oorval, en hul vuurwapens is gesteel. Tydens die skietery is een van die veiligheidswagte getref en het ‘n skietwond in sy buik opgedoen.
“Die verdagtes het plofstof gebruik om die kontantwa op te blaas en ‘n onbekende bedrag kontant geneem. Hulle het in drie voertuie van die toneel gevlug, wat ‘n Mercedes Benz, wat ook aan die brand geslaan het, ‘n Toyota Fortuner en ‘n Toyota Hi-Lux ingesluit het.
“Die beseerde veiligheidswag is na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir mediese behandeling. Geen arrestasies is teen druktyd nog gemaak nie, en die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (DPCI) ondersoek die saak,” sluit kolonel Myburgh af.
Kontant-in-transito-roof is die onwettige en opsetlike verwydering en toe-eiening van roerende bates of kontant deur middel van geweld terwyl die roerende bates of kontant in die beheer is van die instelling wat dit bestuur en hanteer.(Maree 2008:1). 
Sy maan die publiek om misdaad by hul naaste polisiestasie aan te meld of anoniem deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens se (SAPD) Misdaadstopnommer 08600 10111 of die MySAPD-toepassing. Afpersingverwante voorvalle kan by die afpersingsblitslyn by 080 091 1011 aangemeld word.