Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS -Wat ‘n voorreg en eer is dit nie om te kan sien hoe jou dorp eenhonderd jaar van sy bestaan vier nie. 
Op 23 Oktober 1923 is Brits as ’n dorp verklaar. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerk, Koersvas Voortrekkerkommando, die VLU- Britstak, inwoners en oud-inwoners van Brits en die hoof en leerkragte van Laerskool Brits was daar om die Eeufeesomonument Saterdag, 21 Oktober op die skoolterrein te onthul.

Barry Müller, kultuurkoördineerder van die FAK, Walter Krüger, hoof van Laerskool Brits, prof Fransjohan Pretorius, geskiedkundige en skrywer van Dewetsnek in die boek, Hierdie land, (‘n móét lees), almal passievol oor die geskiedenis en bewaring van die erfenis. 
Marina Byleveldt is die nasaat van Johan Nicolaas Brits, op wie se plaas dié dorp gestig is en waarna hy vernoem is. Byleveldt het saam die monument onthul.  “Ek het die grootste vreugde van my lewe op hierdie dorp ervaar. My herinneringe aan hierdie dorp speel oor en oor in my lewe af,” vertel prof Fransjohan Pretorius.
Walter Krüger, skoolhoof van Laerskool Brits het tydens die geleentheid klem gelê op die noodsaaklikheid van samewerking, sodat erfenis vir die toekoms behoue kan bly. 
“Vandag is môre se geskiedenis. So, wat doen jy vandág om jou merk te maak en jou nalatenskap vir môre agter te laat?” vra Barry Müller. Na afloop van die verrigtinge het die geselskap ook belangrike historiese bakens in en om Brits besoek - die De Kroon familiebegraafplaas, asook die Transvaalse Burgeroorlogmonument.