Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – RASHOOP - Boet Theunissen van Brits (74) is die nag van 28/29 November 2025 op ‘n plaas in Rashoop vermoor.
Theunissen het alleen gewoon, maar daar is nog wooneenhede op die plaas en klaarblyklik het niemand die skote gehoor nie. Daar is eers later Saterdag, op sy lyk afgekom.
Boet se seun, Wayne Theunissen het bevestig dat sy pa op die toneel dood verklaar is.

Daar is nog nie vasgestel wie en hoeveel verdagtes vir Boet se dood verantwoordelik is nie. 
‘n Saak van moord is by die polisie geopen en Kolonel Adéle Myburgh, woordvoerder van SAPS Noordwes vra dat enigeen met inligting asseblief vir Luitenant Kolonel Happy Setshedi van die SAPS Brits Speurtak by 082 373 9823 skakel.
Boet se begrafnis word Donderdag, 11 Desember om 10:00 in die Meerhofkapel, langs Meerhofskool gehou.
Hy word deur twee kinders en vier kleinkinders oorleef.
Vir navrae, skakel Wayne Theunissen by 082 618 0822.