Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - ‘n Saak van moord is Sondag, 13 Oktober 2024 by Brits SAPD geregistreer.
SAPS Brits het inligting ontvang dat die liggaam van ‘n vrou op ‘n plaas by Rashoop gevind is. Die man van die oorledene, Johan Smith (55), ‘n onderwyser by ‘n plaaslike skool, was op daardie tydstip by die Brits polisiestasie om sy vrou, Theonette (57) as vermis aan te meld. Volgens Smith het sy vrou die vorige dag vermis geraak, na hulle ‘n hewige argument gehad het.

Smith is aangesê om die polisie te vergesel na ‘n misdaadtoneel by Rashoop, waar ‘n vrou se liggaam vroeër gevind is en hy het die liggaam, as die van sy vrou, Theonette Smith uitgeken.
Johan Smith is later, ná die polisieondersoek, in hegtenis geneem. Die beskuldigde het Vrydag, 19 Oktober, in die Brits landdroshof verskyn op aanklag van moord en die saak is tot Vrydag, 25 Oktober uitgestel. Smith is in aanhouding.