Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – NOORDWES - Polisielede in Noordwes, in samewerking met ander wetstoepassingsagentskappe het van 7 tot 13 Oktober 1 258 verdagtes in hegtenis geneem vir verskillende oortredings tydens die uitvoering van Operasie Shanela-aksies. 
“Die verdagtes is vir moord, verkragting, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, handel in dwelms, onwettige handel in drank, besit van dwelms, inbrake by sake- en woonpersele en bestuur onder die invloed van alkohol aangekeer,” sê brigadier Sabata Mokgwabone, SAPD Noordwes-woordvoerder.

Daarbenewens is 81 vermeende ongedokumenteerde persone ingeneem vir verwerking deur immigrasiebeamptes.  Van die 1 258 inhegtenisnemings was 421 aangekeer as gesoekte en gesirkuleerde verdagtes. 
Tydens dié operasie is 262 persele, 2 490 persone en 835 voertuie deursoek. Daar is ook 385 gelisensieerde drankpersele en tweedehandse goedere handelaars besoek vir voldoeningsinspeksies. Die operasie het verder gelei tot die konfiskering van drank, 120 eenhede plofstof (vuurwerke), 10 lewendige rondtes ammunisie, vyf selfone, 13 gevaarlike wapens, ‘n verskeidenheid dwelms en drie voertuie. 
Die provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Sello Kwena het die polisie en ander wetstoepassings-beamptes geloof vir hul meedoënlose pogings om die veiligheid en sekuriteit van ons gemeenskappe te verseker