Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – CULLINAN - Stephan le Roux (49), ‘n oud-Britsie, vlieënier en vlieginstrukteur en Lourens van Niekerk (27), wat reeds sy vlieglisensie gehad het, is plotseling Vrydag, 1 November oorlede tydens ‘n vliegongeluk.
Hulle was op ‘n nagopleidinggraderings-vlug vir Lourens, toe die ligte vliegtuig, ‘n Jabiru J170 (ZU-IBE) enjinprobleme op pad na Wonderboom-lughawe ondervind het. ‘n Noodroep is uitgestuur, maar kommunikasie is verbreek en hulle is moontlik genoodsaak om ‘n noodlanding uit te voer waarna hulle toe klaarblyklik in ‘n hoogspanning-elektriese transmissiekabel vasgevlieg het, waarna die vliegtuig aan die brand geslaan, neergestort en met hulle binne, heeltemal uitgebrand het.

Volgens inligting het die ongeluk omstreeks 19:45 gebeur en nooddienste en die polisie is ontbied.
Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) se ongevalle en voorval-eenheid ondersoek die saak.
Om te vlieg en leerlingvlieëniers op te lei, was Stephan se passie waarin hy hom behoorlik uitgeleef het. Hy het sy kommersiële-vlieglisensie reeds in 2004 verwerf en in 2023 as vlieginstrukteur ingespring. Hy was ook ‘n besigheideienaar in Hartbeespoort.
Stephan word deur sy vrou, Aniske, seun Joël en stiefdogter Lizelle oorleef.
Teen druktyd was die begrafnisreëlings nog nie bekend nie. (Foto’s: sosiale media)