Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Gaan die voorgestelde Strategie vir die Nasionale Biodiversiteit-Ekonomie wildboerdery, jag en bewaring ten gronde laat gaan? BRITS POS - HARTBEESPOORT - Die afgelope tyd het ons lesers gereeld ingelig oor die vlaag van wildstropery in ons gebied. 
Die foto’s van diere wat tot ‘n grusame einde gekom het, het egter net die omvang van die probleem gedeeltelik geïllustreer.
Die wildstropery is egter nie beperk tot ons gebied nie, want daar is dikwels mediakommentaar daaroor; die onwettige handel in renosterhorings en hoe ander diere, seelewe en voëls hulle weg vind na Oosterse markte en tradisionele genesers vir muti-gebruike of bosvleis. Die aasvoëls in ons gebied is onlangs herontplooi na ‘n veiliger habitat.

Aan die begin van Maart 2024 het die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing ‘n voorgestelde Nasionale Biodiversiteit-Ekonomie Strategie vir openbare deelname gepubliseer en slegs veertien dae tot 22 Maart 2024 toegelaat vir kommentaar. Die media het gereageer met ‘n paar uiters kritiese berigte en daardeur het Jan en Alleman helaas baie laat ook ‘n idee gekry van wat die Departement beoog.
In breë trekke kom die Strategie daarop neer dat biodiversiteit en bewaring volhoubaar moet wees, maar terselftertyd moet die ekonomiese potensiaal van ons plante- en dierebronne benut word. Dus gaan bewaringsgebiede tot 34 miljoen hektaar vergroot word, maar ook gaan die eetverbruik van wild gestimuleer word om veral die landelike en inheemse bevolking te bevoordeel. Dit alles is gebaseer op vermoedelik ‘n vertolking van Artikel 24 van die Grondwet.
Hierdie benadering tot biodiversiteit gaan uiteraard ‘n groot impak hê op trofeejag en die jagbedryf, leeu- en wildboerdery, bewaringsboerdery en wat dalk nou neerkom op wettige wildstropery vir die bosvleismark en muti-gebruike. Dit is nie duidelik of die Departement deur die Strategie streef om eienaarskap van alle wild- en plantlewe te wil bekom nie.
In die verband het die Departement ongelukkig ‘n baie swak rekord as dit kom by die bestuur, beheer en beskerming van ekosisteme. Aan die een kant sal die laaste Afrika-pikkewyn vanaf die Suid-Afrikaanse kus verdwyn deur pelagiese visstroping teen 2035;  diere soos die ietermago is uiters skaars, en wildstropers vra nie vrae voordat hulle bedreigde spesies tot vleis verwerk nie.
Aan die ander kant is olifante sedert 1994 ongehinderd toegelaat om die bome en ander plantegroei vir voedsel in die Krugerwildtuin te vernietig, sodat die natuur se balans heeltemal omver gegooi is om ‘n nuwe graslandbioom te skep.
Die voorgestelde Strategie verskaf geen inligting oor die implementering van sekere lofwaardige inisiatiewe nie. Tot ‘n mate is dit die nabootsing van soortgelyke inisiatiewe in ontwikkelde lande nadat wildlewe byna totaal vernietig is – bewers, ratels, bergleeus, wolwe en bere onder andere.
Belanghebbendes het nog net tot eerskomende Dinsdag tyd om kommentaar te lewer op die voorgestelde Strategie. Die NBES kennisgewing Nr. 4692 was gepubliseer in Regeringskoerant Nr. 50279 van 8 Maart 2024. Daar is ander besorgde partye wat hopelik ook insette sal lewer, ook organisasies soos Dear South Africa, sien                              
https:// dears.africa/have-your-say-on-the-draft-national-biodiversity-economy-strategy/
Kommentaar en voorleggings moet gerig word aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. en/of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. teen Dinsdag, 16 April 2024. (Foto’s: WhatsApp)