Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – RUSTENBURG - Die polisie in Rustenburg het ‘n reuse ondersoek van stapel gestuur na die wrede moord op ‘n egpaar van onderskeidelik 66 en 69 jaar oud in die parkeerterrein by die Platinum-winkelsentrum in Rustenburg, Saterdagmiddag, 14 Junie, omstreeks 13:40.

Na bewering was ‘n aantal mans in ‘n wit Kia Rio sonder nommerplate in die parkeerterrein toe ‘n woordewisseling tussen die egpaar en die insittendes van die Kia Rio ontstaan het. Voorlopige berigte dui daarop dat die paartjie noodlottig geskiet is en die motief vir die voorval is nog duister.
Volgens diegene wat naby die toneel was, is skote uit die parkeerterrein gehoor. By nadere ondersoek het hulle twee mense, ‘n man en vrou, langs hul voertuig ontdek.
Paramedici het albei slagoffers op die toneel dood verklaar.
Teen druktyd is dit deur die SAPD bevestig dat twee van die drie verdagtes in Rustenburg Oos-Einde en Boitekong in hegtenis geneem is. Die voertuig (’n wit Kia Rio) en die vuurwapen, wat vermoedelik in die pleging van die misdaad gebruik is, is ook teruggevind. Die verdagtes is onderskeidelik 41 en 29 jaar oud en hulle sal Donderdag 19 Junie in die Rustenburg-landdroshof verskyn op aanklag van ‘n dubbele moord.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand wat inligting omtrent die derde verdagte het, om luitenant-kolonel Mainganyo Nathaniël Phatsoane by 082 373 9571 of luitenant-kolonel Patrick Murunwa by 082 772 5991 te kontak.
Hou die Brits Pos Facebook-blad dop vir verdere ontwikkelings.