Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Die 37-jarige Morufa Moloto, waarnemende munisipale bestuurder van Madibeng plaaslike munisipaliteit en Letladi Emmanuel Ramoroka (39) is Vrydag deur die Valke in Brits, by die Madibeng-stadsraadkantoor in hegtenis geneem.
Hulle het Maandag, 22 Julie, in die Ganyesa-landdroshof, op aanklag van tenderkorrupsie verskyn en borgtog van R15 000 elk is deur die hof toegestaan terwyl die ondersoek voortgaan.

Hulle verskyn weer 28 Augustus in dieselfde hof.
Klaarblyklik is die korrupsie gepleeg terwyl Moloto vir die Kagisano-Molopo Munisipaliteit as hoof finansiëlebeampte in Ganyesa gewerk het.
Moloto is voorlopig in 2018 as voorsorgmaatreël geskors, terwyl die ondersoek voortgegaan het, maar is in Januarie 2023 as hoof finansiëlebeampte deur Madibeng plaaslike munisipaliteit aangestel en in April 2024 bevorder tot waarnemende munisipale bestuurder.