Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - Die burgerregteorganisasie AfriForum gaan strafregtelike klagtes teen Cedric Nkabinde, stafhoof van minister Senzo Mchunu, indien weens die doelbewuste lewering van valse getuienis voor ’n parlementêre ad hoc komitee wat genl. Nhlanhla Mkhwanazi se onthullings ondersoek.

AfriForum ontken Nkabinde se bewerings voor dié komitee dat AfriForum deelgeneem het aan ’n komplot teen voormalige polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, ten sterkste. Volgens AfriForum is die doelbewuste lewering van vals getuienis voor die parlement in terme van artikel 12(2)(e) van die Wet op Bevoegdhede, Voorregte en Immuniteite van die Parlement (Wet 4 van 2000) strafbaar met ’n boete of gevangenistraf tot ’n maksimum van twee jaar of beide.
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, daag Nkabinde uit om ’n leuenverklikkertoets te ondergaan oor sy bewerings. “AfriForum is bereid om die kostes van die toets te betaal en ekself is bereid om saam met Nkabinde die toets te ondergaan,” sê Kriel.
Volgens Kriel het Nkabinde homself reeds voor die komitee as onbetroubare getuie bewys deur homself te weerspreek. “Nkabinde beweer die vergadering waarby AfriForum betrokke sou wees om Phahlane se val te beplan, aan die einde van 2017 of in 2018 sou plaasvind. Dit terwyl Phahlane reeds op 1 Junie 2017 uit sy pos ontslaan is,” voeg Kriel by.
Kriel wys daarop dat Nkabinde se getuienis ook ongeloofwaardig is omdat hy nie instaat was om die naam te noem van wie die persoon van AfriForum is wat kwansuis die “komplot” sou help smee nie. 
Volgens Kriel word Nkabinde se getuienis as vals ontbloot deurdat hy (Kriel) nog nooit vir Nkabinde of Robert McBride ontmoet het nie en dat hy nog nooit by Paul O’Sullivan se huis was waar die beweerde komplot kwansuis gepleeg sou word nie.