Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die speaker van die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit (Brits, Hartbeespoort, Mooinooi), Ditshego Mbezi, geëis dat daar dringend opgetree word teen raadslede wat by herhaling raadsvergaderings ontwrig en die munisipale raad sodoende verhinder om sy oorsigrol te vervul.
Hierdie optrede van ANC-faksies in die munisipaliteit vind reeds sedert Februarie vanjaar plaas en vier opeenvolgende raadsvergaderings het telkens in chaos ontaard sonder dat belangrike diensleweringskwessies bespreek is.

Die raadslede se wangedrag verteenwoordig ernstige oortredings in terme van die toepaslike munisipale wetgewing en die voorgeskrewe gedragskode vir munisipale raadslede.
Streng en drastiese stappe behoort nou teen die skuldiges geneem te word.
Dit is ‘n skande dat ANC-faksies in die gebied, wat net hul eie belange vooropstel ten koste van dienslewering, die gemeenskappe van Madibeng gyselaar hou.
Die VF Plus sal bly stry teen sulke ANC-vergrype en ontwrigtende optrede wat professionele dienslewering in die wiele ry.