Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Baie vriendelik en beleef word veral vroue deur ander vroue in winkels, gewoonlik in besige kruidenierswinkels geteiken en van hulle persoonlike besittings beroof.
Volgens een van die mees onlangse slagoffers, wat anoniem wil bly, was sy besig met inkopies toe sy deur ‘n vrou genader word wat haar van spesiale aanbiedinge in die winkel vertel het.

Terwyl haar aandag vir oomblikke deur dié vrou afgelei is, het drie ander vroue verby haar geskuur en aan haar gestamp. Hulle het heel vriendelik verskoning gevra en niksvermoedend in die massa mense verdwyn.
“Alles het so vinnig gebeur toe ek weer kyk is my beursie en selfoon uit my handsak weg,” sê die geskokte slagoffer.
In ‘n ander voorval, waar daar ook meer as twee vrouerowers betrokke was, het die vrou (slagoffer) in die ry by die betaalpunt gestaan, haar handsak oor die skouer. Die vroue agter haar in die ry het kort-kort aan haar gestamp (die normale stap-en-stoot wat in rye by betaalpunte gebeur) toe sy uiteindelik wou betaal is haar handsak letterlik gestroop – beursie, selfoon en ander kosbare persoonlike items gesteel. Van die vroue wat agter haar was, was daar geen teken of spoor nie.
Brits Pos het verskeie klagtes van soortgelyke gevalle gekry en daarom word daar ‘n dringende waarskuwing aan die publiek gerig om ten alle tye paraat te wees wanneer hulle inkopies doen.
Selfone, beursies en handsakke moet liewer by die huis gelos word. As jy inkopies gaan doen neem net die betrokke bank- en ander kaarte saam. 
Moenie toelaat dat jy in ‘n winkel deur mense omsingel word nie - jy het ‘n reg op jou persoonlik spasie. Wees bedag wanneer jy “per ongeluk” met ‘n trollie gestamp word. Maak ‘n geraas as jy enigsins bedreig voel. Die vrouerowers lyk op die oog af vriendelik, maar hulle het “handsakke” vol slinkse planne.  
Wees veilig, oplettend en gefokus in die feestyd!