Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – MOOINOOI – Ons eie Shaun Williams (26) sprei sy vlerke einde Februarie Japan toe waar die Akita Northern Bullets hom ‘n tweejaarkontrak aangebied het. Hy sal dan in Maart by die Japanse-klub aansluit. 
Toe Brits Pos vir Shaun gevra het hoekom hy besluit het om Japan toe te gaan het hy sonder aarseling gesê: “Bo en behalwe die 15-man rugby wat ek weer gaan speel, sien ek daarna uit om die nuwe kultuur aan te leer en my horisonne te verbreed, maar my doel is om ‘n positiewe bydrae tot die sukses van die span te lewer.”

En dit kan hy doen, want hy kan as skrumskakel, vleuel of heelagter ingespan word en dan is hy ook blitsig.
Hy het vir die Leeus op junior vlak uitgedraf en ook vir UJ se Varsity-span gespeel en in 2020 by die sewesakademie in Stellenbosch aangesluit.
Hy is ook die trotse ontvanger van ‘n goue medalje by die Statebondspele in 2022 en in 2024 ‘n bronsmedalje by die Olimpiese Spele in Frankryk.
Shaun het ook in 2021aan UJ (Universiteit van Johannesburg) gegradueer in vervoerbestuur en sê: “en eendag wanneer ek my toks ophang, sal ek graag my loopbaan daarin wil voortsit”. In 2021 het hy sy buiging in die Vancouver-toernooi vir Suid-Afrika in Kanada gemaak en Desember 2024 in Suid-Afrika vir die Blitsbokke in sy 19de toernooi op die veld gedraf.
Shaun lê ook steeds besoek by Laerskool Elandskraal in Mooinooi af waar hy sy ‘rugbytande’ geslyp het.
Ons wens hom alle sukses in Japan toe en wéét dat hy in alles net sy beste gee. (Foto’s verskaf)