Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Brits Rolbalklub was die naweek gasheer van een van die provinsiale rondtes van die Perfect Delivery Gauteng-opetoernooi.
Dié toernooi is een van die grootste van sy soort en spelers van regoor die land kan hieraan deelneem. 

Brits Rolbalklub is deel van die Gauteng-provinsie wat uit vyf distrikte bestaan. Meer as 100 klubs neem aan die toernooi, wat by verskillende klubs plaasvind, deel.
Volgens die organiseerders van die Perfect Delivery Gauteng-opetoernooi, het hulle ten doel om rolbal te ontwikkel tot ‘n gewilde, dinamiese en lewendige sport wat aan alle ouderdomme en geslagte die geleentheid bied om sportief te wees. Vrydag, Saterdag en Sondag was die kapasiteit van Brits Rolbalklub se bane ten volle benut met spelers van klubs sover as Johannesburg, Wingatepark, Mooinooi en Pretoria, wat sake uitgespook het.  Vrydag het die klubs se gemengde pare vir die volgende rondte uitgespeel, terwyl die mans pare Saterdag en Sondag op die veld bedrywig was. Nuwe lede en ander geesdriftiges word hartlik uitgenooi om by Brits Rolbalklub aan te sluit. Oefentye is Dinsdae om 09:00 en wedstryde word Donderdae om 09:00 en Saterdae om 14:00 gespeel. 
Vir navrae oor die klub se doen en late, skakel Marié van Niekerk by 082 496 7216.