BRITS POS – BRITS – Vir die eerste keer in die geskiedenis van Brits, was daar Maandag, 1 September, ‘n kleuter blokfluit-ensemble wat aan die Afrikaanse Kunswedstrydvereniging van Brits se instrumentale-afdeling deelgeneem het.
Dié kleutergroep is van Laerskool Brits se Britsie Klitsies Kleuterskool. Hulle het onder leiding van Elsabé Erasmus, die nuwe seisoen sommer al fluitende ingegaan, hulself knap van hul taak gekwyt en ‘n allemintige A-simbool (84%) verwerf.
Britsie Klitsies se gr.R blokfluit-ensemble. Agter: Hanlie Oberholzer, Isabella Bronkhorst, Ruben Booysen, Chris Visser, Zuvané Thirion en Izanleigh Kidson. Voor: Kayla de Bruin, An-Louise Joubert, Rossouw Jordaan, Leanke Diesel, Ethan Ohsiek, Fouche Prins, Amira Maré en Megan Joubert.