Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Die dansers van Illusions Dance Studio het met groot sukses aan die semi-finale rondte van die Suid-Afrikaanse International Fine Arts Association (IFAA) deelgeneem en gekwalifiseer om in September aan die finale rondte deel te neem.
Die dansers, Ivanka Fourie, Nicola Zondagh, Miane Biddulph, Karla Zondagh, Ria-Mari Eveleigh, Aileen Fourie, Esthea Fourie, Monine Pretorius en Lené Faurie gaan van 12 tot 14 September in Pretoria aan die finale rondte deelneem en volgens hul afrigter, Madré Zondagh is die meisies doelgerig en gedrewe om hul nasionale kleure te verwerf.

“Ek is baie trots op die dansers, hulle werk baie hard om hul drome te verwesenlik,” sê Madré. “Ek het volle vertroue dat hulle daarin sal slaag om Suid-Afrika op die internasionale arena te verteenwoordig.
Die dansers se uitslae tydens die semi-finale rondte: Ivanka Fourie en Nicola Zondagh (duet -86%), Aileen Fourie en Miane Biddulph (duet - 87%), Karla Zondagh en Ria-Mari Eveleigh (duet - 87%), Ria-Mari (freestyle solo - 88%), Karla Zondagh (freestyle solo - 91% en jazz solo - 87%), Aileen Fourie (freestyle solo - 87% en jazz solo - 86%), Esthea Fourie (kontemporêr solo - 87%), Lené Faurie (jazz solo - 88%, kontemporêr solo - 91% en ballet - 88%), Monine Pretorius jazz - 86% en hip hop 86%).
Vir meer inligting oor Illusions Dance Studio, skakel Madré by 083 235 6140. (Foto’s verskaf)