Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Laerskool Elandskraal se gewilde gholfdag vind Vrydag, 31 Mei vir die eerste keer by die bekende Magaliespark Gholfbaan plaas.
Met die pragtige natuurskoon aan die voet van die Magaliesberg én ‘n uitdagende baan, gaan die dag beslis ‘n geleentheid wees wat geen gholfliefhebber moet misloop nie.

Die gholfdag het ten doel om fondse vir die opgradering van die skool se terrein en fasiliteite in te samel en almal in die omgewing word hartlik uitgenooi om die dag te ondersteun. 
Gholf is ‘n wonderlike sport wat al eeue lank mense van regoor die wêreld bekoor. Dit is ‘n spel van vaardigheid, geduld en strategie wat spelers van alle ouderdomme en vlakke kan geniet. Met ‘n swaai van ‘n stok en die skuif van ‘n bal, kan jy jouself vind op ‘n groen oase van vreugde en uitdagings. 
Die formaat van die gholfdag is ‘n 4-Bal Better ball scramble drive. Koste beloop R5 000 en sluit ‘n gholfkarretjie, ligte ete en ‘n bederfpakkie in.
Daar is nog net drie 4-Balle beskikbaar en besighede kry ‘n wonderlike geleentheid vir netwerk, met die borg van ‘n putjie vir sleg R3 000. Verskeie pryse is ook vir die wenners op die spel. 
Registrasie is Vrydag 08:30 en die afslaan 10:00. Vir meer inligting en navrae oor die gholfdag, skakel Natasha by 068 087 7751.