Die knap swemmer van Fins Swem Akademie, Elrike du Plessis (15) het onlangs haar Noordwes provinsiale kleure verwerf en het die provinsie op 25 en 26 Januarie in Kimberley tydens die 4+1 Interprovinsiale gala-kampioenskappe verteenwoordig. Sy het haar slag in die water gewys en in ‘n hoër ouderdomsgroep, (o.17) teen swemmers van Noordwes, Noord-Kaap en Vrystaat meegeding en baie goed presteer.
Haar uitslae: 50m Vryslag (3de), 50m Borsslag (4de), 50m Vlinderslag (4de) en 100m Vryslag (6de). Onder afrigting van Willem du Plessis is hulle tans besig met voorbereidings vir die Noordwes Skole-kampioenskappe en SA Vlak 2-kampioenskappe wat later vanjaar plaasvind.