BRITS POS – HARTBEESPOORT - Joshua de Beer, ‘n puik atleet en ‘n gr. 5-leerder by Laerskool Generaal Hendrik Schoeman (GHS) in Hartbeespoort, het Saterdag, 6 Desember aan die Laerskole Atletiek Suid-Afrika (ASA)-byeenkoms in Potchefstroom deelgeneem.
Joshua is boerseun van die Brits-omgewing en bly op ‘n plaas tussen Brits en Pretoria. Hy word tans afgerig deur juffrou Tracey Ehlers van Laerskool Brits en verteenwoordig die Gauteng Noord-atletiekspan. Al die provinsies van regoor Suid-Afrika se atletiekspanne het deelgeneem.
Joshua se uitslae: o.11-seuns hekkies – 3de plek, o.11-seuns verspring – 3de plek
o.11-seuns hoogspring – 5de plek. Baie geluk met die goeie prestasies Joshua. (Foto’s: verskaf)









