BRITS POS – BRITS – Die Legacy Athletic Academy se atlete het onlangs aan die Noordwes Noord-landloopkampioenskappe deelgeneem en middel- en langafstand afrigter, Charles Rall, spog met 22 atlete wat hulle Noordwes Noord-kleure na die Noordwes Noord-kampioenskappe op 9 Augustus 2025 in Koster verwerf het.
Hulle het met die SA Landloop Kampioenskappe Saterdag 6 September by die Kees Taljaard-stadion in Middelburg, waar 4 300 atlete van regoor Suid Afrika deelgeneem het, gewys waartoe hulle in staat is en hulle talent behoorlik ten toon gestel. Van Legacy Athletic Academy se 22 atlete wat hulle Noordwes Noord-kleure verwerf het, val ses atlete onder die top 3 in Noordwes Noord, vier onder die top 10 en twee atlete onder die top 15 in die Noordwes Noord-streek.