Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – HARTBEESPOORT – Veteraan-atleet, Bruce Fordyce (69) president van parkrun Suid-Afrika en legendariese negemaal Comrades-wenner, het Saterdagoggend saam met plaaslike- en besoeker-atlete, drawwers, stappers en gesinne, besoek by Arrow Rest parkrun in Hartbeespoort afgelê en ook sy 574ste 5km-‘wedloop’ voltooi.

Dié pragtige venue is in die natuur, wes van Hartbeespoort en lok elke Saterdag baie deelnemers. Word nou reeds vir meer as 12 jaar gratis deur die eienaar, Wilna Meiring, beskikbaar gestel met al die nodige geriewe.
Die bedrywighede by Arrow Rest parkrun kan op Facebook gevolg word. Registrasie is gratis en eenmalig en weekliks, Saterdagoggende, help ‘n groot groep vrywilligers dat elke parkrun glad verloop. Op Google maps, voer ‘Arrow Rest parkrun’ in vir aanwysings.
Die roete is 5km en enigeen kan deelneem, teen jou eie pas, want daar is ook nie ‘n tydbeperking nie én om te verseker dat al die deelnemers terug is, is daar vir elke parkrun ‘n ‘stertloper’-vrywilliger
Daar is reeds 1 330 parkrun venues in Suid-Afrika, en indien jy geregistreer is, kan jy by enige groep aansluit soos jou beplanning jou neem en daar is 2 500 venues wêreldwyd in 23 lande. (Foto’s – Arrow Rest facebookbladsy en Brits Pos)