Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Brits Pos - Hulle sê ouderdom is net ‘n syfer, en van die land se tennisveterane gaan dit bewys wanneer hulle op 11 en 12 April 2025 hul vernuf op die bane ten toon stel tydens die gewilde Ramblers Tennisklub se Senior Tennistoernooi.
Die allergewilde toernooi, wat reeds vir die 35ste agtereenvolgende jaar aangebied word, skop op Vrydag, 11 April om 11:00 af met die gemengde dubbelsspel.

Hierna volg die prysuitdeling en ‘n heerlike skaap op die spit om die eerste dag se aksie feestelik af te sluit.
Saterdag, 12 April, hervat die kompetisie om 09:00 met die mans- en damesdubbels-afdelings. Buiten die geswoeg en sweet op die tennisbane, word daar ook langs die bane heerlik saam gekuier en wedstrydstrategieë beplan met heerlike peuselhappies en plaaslike varsgemaakte etes vir spelers en nie-spelers nie.
Die aand se afsluiting beloof nog ‘n hoogtepunt te wees met ‘n prysuitdeling en biefstuk-etes vanuit eie geledere, die “Texas van Beeswêreld”.
Inskrywings is baie gesog vir die gewilde tennistoernooi, en spelers vanuit Bloemfontein, Johannesburg, Klerksdorp, Lichtenburg, Kathu, Bray en Hartswater, asook plaaslike spelers, het reeds ingeskryf. Belangstellendes wat nog wil inskryf, word aangeraai om spoedig op te tree om teleurstelling te vermy. Kontak Jeanette Brink, die hooforganiseerder, by 083 325 4922 vir registrasie en verdere besonderhede.