Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Die Suid-Afrikaanse Presisie Vlieg en -Landingskampioenskappe is Saterdag, 26 Oktober, weer eens met groot sukses by Brits Vliegklub aangebied en Ron Stirk van Brits is as algehele Suid-Afrikaanse landingskampioen gekroon.
Dié kampioenskappe bestaan uit ‘n Noordelike sektor (Noordwes, Gauteng en Vrystaat) wat by Brits Vliegklub en ‘n Suidelike sektor (Kaapprovinsie) wat in Stellenbosch plaasgevind het.

So kon vlieëniers van regoor die land, Saterdag aan die kampioenskappe deelneem.
Ron Stirk het die Noordelike, asook Suidelike sektore van die kampioenskappe met sy akkurate landingstegnieke gewen.  
Presisie landingskompetisies vind plaas onder reëls wat deur die Fédération Aéronautique Internationale (FAI) uiteengesit is. Die FAI definieer presisie as ‘n toets om die vlieënier se vaardigheid en akkuraatheid in verskillende tipes landings te toets.
Alhoewel die weer Saterdag warm en sonnig was, het daar ‘n onstuimige wind gewaai en volgens vlieëniers was dit met tye ‘n groot uitdaging om die vliegtuie met presisie te land.
Kompetisie tussen vlieëniers was baie mededingend en hulle het behoorlik hul staal in die tipes landings: met krag, sonder krag (sweef) en hindernis landings gewys. 
Uitslae: Dale de Klerk - 2de in die Noordelike sektor en algeheel 3de en Hans Schwebel was 3de in die Noordelike sektor en algeheel 5de. (Foto’s: Willie Bodenstein)