Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Die ontluikende talent van Retief Keun, ‘n gr.3-leerling van Laerskool Brits, was duidelik te sien tydens die Prestige Open-oefenkamp wat gedurende die skoolvakansie in Durban gehou is. 
Hy het vir die eerstekeer aan die 100m Vlinderslag-item deelgeneem en ‘n spoggerige brons- medalje losgeswem. Die brons medalje was vir Retief ‘n groot oomblik, maar wat sy oorwinning soveel meer onvergeetlik gemaak het, was toe sy held, die Olimpiese gouemedaljewenner, Chad le Clos, hom gelukgewens het.

Volgens Retief se afrigter, Garth Tune, wat saam met Chad voormalige Suid-Afrikaanse spanmaats en mededingers in dieselfde 100m vlinderslag-item was, is Retief ‘n ware kampioen in wording.