Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – MOOINOOI - Die afgelope Saterdag het Elies (Laerskool Elandskraal) die derde Welpie-toernooi van Brits-Sirkelrugby aangebied. Hier het toekomstige Springbokke en provinsiale spelers hulle talente kom uitstal. 
Die laerskole wat deelgeneem het, is: Elandskraal, Brits, GHS, De Kroon, Sanddrift, Olienpark, Sonop en Thornhill Primary. Elke spannetjie het ‘n minimum van drie wedstryde gespeel.
Die seuns het geduik, ge’rip’, gehardloop ge’pass’ en ook ge’score’.

Ouers, boeties, sussies, families én oumas en oupas het die spelers kom ondersteun en hulle aangemoedig om net hulle beste te gee.
Tussen die wedstryde deur is die talle stalletjies flink ondersteun en die heerlikste eet- en drinkgoed is te koop aangebied. ‘n Pragtige ruim skenking van kraakvars groente deur ‘n boer van Brits, het almal genoop om van dié uitstaande groente vir Sondagmiddagete te koop. Laerskool Elandskraal bedank die anonieme boer van harte. Die doel van Welpie-rugby is nie soseer om te wen nie, maar om net ‘n liefde vir die spel te kweek en vir die spelers te leer van spanwerk en kameraderie.
Soos Landon Tucker van Elies se o.8-span alles mooi ten volle tweetalig saamgevat het – “alles was net lekker - om te tackle en te score en saam met my team mates te kon speel, was die beste.”