RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die Wilgers van die Hervormde Kerk bied ‘n Lente Musiekfees op Saterdagoggend, 20 September om 10:00 in die kerkgebou aan. Dit val ook saam met die kerk se 175ste bestaansjaarvieringe in September. Verskeie kore gaan optree, onder andere van Laerskool Proteapark, Laerskool Vastrap, Silwerrand Skoolkoor en die Sempre Musica-kamerkoor. Daar sal ook instrumentale musiekitems wees deur Rustenburgse voorste musici. Elmien Walker, Louis Bezuidenhout en Rachelle Elmes gaan optree in klavier, kitaar en tjello-items.