RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Met die intrapslag is besoekers begroet met 'n verskeidenheid van watertand-soetgoed, kleurvolle ontwerpe, tuisgemaakte bederf en bowenal, vriendelike en hulpvaardige diens!
Die onlangse, jaarlikse Platinum Mark het vanaf 21 - 30 November op die perseel van die Gereformeerde Kerk Rustenburg Wes plaasgevind en besoekers is soos elke vorige jaar, nié teleurgesteld daar weg nie.
Hierdie jaar se Mark het besoekers van die plaaslike omgewing, maar ook verder gelok - en 'n totaal van 5 000 mense het die Mark se drumpel deurgetrap oor die bestek van die nege dae.
Marise le Roux het die vriendelike helpers van die Mark gaan groet en kon heerlike geselsies aanknoop met mense van heinde en verre. As jy hierdie jaar se Mark misgeloop het, sal jou kersfeesinkopieslys nog aansienlik lank daar uitsien. "You snooze, you lose", soos die Engelsmanne sê.
Die Mark stel ook elke jaar ten doel dat 'n groot gedeelte van die opbrengs aan plaaslike, verdienstelike instansies geskenk word wat befondsing benodig. Aansoeke is reeds oop en enige instansie wat wil aansoek doen om befondsing te ontvang kan die markorganiseerders kontak. Skenkings sal in 2025 plaasvind en neem kennis dat individue nie mag aansoek doen vir befondsing nie.
Aansoeke vir befondsing kan na Anso Green gestuur word by e-pos: