Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Hoewel vroue as die skoner geslag bekend staan, is dit tog soms nodig om ‘n paar ekstra wenke in ons arsenaal van poeiers, roompies en maskaras bymekaar te maak.
Só het Hannon Bothma (wat faam verwerf het as Suid-Afrika se eie Glam Guru) en sy span van dinamiese vroue sy Makeover Roadshow na die Platinastad gebring op Saterdag, 26 Julie, by Brauhaus Afrika.

Die geleentheid is onder die waaksame oog van Mariska Kruger, eienaar en apteker van Mooney Close Ring Pharmacy en ook Rustenburg se eie SterStatus semi-finalis georganiseer. “As ‘n finalis gebruik ek die Makeover Roadshow om fondse in te samel vir vrouebemagtigingsgeleenthede, opbouende gemeenskapskapsprojekte en vele meer.”
Sonder enige fieterjasies en aansitterigheid, het Hannon sommer vroeg al die dames bekoor toe hy moeite gedoen het om sy gaste persoonlik te groet en welkom te heet, nog voordat die formele verrrigtinge begin het. Met ‘n breë glimlag op sy gesig het hy die gehoor aan sy lippe gehad met sy spitsvondigheid en luisterryke sêgoed.
Hy het ondermeer nostalgies vertel hoedat sy suster, Iza, wat ook in die gehoor was, sy “muse” was toe hy as kind ‘n belangstelling in skoonheid ontwikkel het. “Ek het my eerste haarsny op haar geoefen” en “Ek het eendag haar grimering met ‘n koukiepen gedoen.”
Die res is geskiedenis - na die aanvanklike paar spoedhobbels. 
Hannon en sy vennoot, Christine Steynberg, het dames uit die gehoor genooi om by hulle op die verhoog aan te sluit en onder hul dinamiese hande en kundige oë is die “proefkonyne” se voorkoms voor die gehoor omtower. Hannon het juis sy aanbieding begin met sy filosofie van “Skoonheid kom van binne - van binne-in botteltjies en buisies”, en hy het dadelik daad by die woord gevoeg en die dames gewys hoe om “foute” te verbloem en hul “mooiste eienskappe” te beklemtoon. 
Die geselligheid is in drie kategorieë verdeel - hare, grimering en velsorg - en Hannon se interaktiwiteit met die gehoor het veroorsaak dat die drie ure-geselligheid sommer in ‘n oogwink verby was. 
In ‘n neutedop is die vroue die wese van velsorg vertel: “Vogroom is nie die fontein van ewige jeug nie, maar serum is wel,” het Hannon die gehoor verseker.
Hy het ook gemaan dat grimering mens nie onherkenbaar moet laat lyk nie, maar mens “gesonder” en “duideliker” moet laat lyk - aangesien baie vroue “sonder wenkbroue wakker word.”
En om mee af te sluit, was sy beste raad vir haarsorg: “Elke vroue moet ‘n koekekam hê.”