Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Wat die finansminister se tweede probeerslag van verlede Woensdag betref om die nasionale begroting in die parlement ter tafel te lê, hou die land en sy mense nou vir die volgende 16 dae asem op.
 Suid-Afrika sit vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd met ‘n regering van nasionale eenheid (RNE) waarin die ANC nie ‘n volstrekte meerderheid het om die begroting aanvaar te kry nie. Die DA en verskeie ander partye het intussen laat blyk dat hulle nie vir ‘n begroting met ‘n verhoging in BTW te vinde is nie. 

Ten spyte van die partye wat wel in dié stadium die begroting ondersteun, laat dit die ANC steeds nie met genoeg steun om sy magsbasis as a rubberstempel te gebruik nie.
Die volgende stap
Die wetgewende proses begin wanneer die minister van finansies die pakket van drie begrotingswetsontwerpe in die nasionale vergadering ter tafel lê. Dit sal bepaal hoe geld in die boekjaar gelyk verdeel sal word onder regeringstrukture en in die nege provinsies. Geld word hierin uiteengesit vir die nasionale regering en dit dui aan hoe dit in die boekjaar verdeel sal word onder nasionale departmente en staatsinstelings. 
Wysigingswetsontwerp op Inkomste-belastingwette 
Dit wysig die onderskeie belastingwette om seker te maak dat die regering die geld kan vind om in die boekjaar te bestee. Dié stap het minister Godongwana verlede Woensdag na sy begrotingsrede afgehandel. 
Volgende 16 dae 
Ingevolge die Wet op die Prosedure vir Wysigings aan geldwetsontwerpe en verwante sake moet die NV en die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) die fiskale raamwerk en die inkomstevoorstelle na hulle onderskeie komitees van finansies verwys. Dié komitees moet gesamentlike openbare vergaderings oor die fiskale raamwerk en inkomstevoorstelle hou. 
Hulle moet binne 16 dae na die nasionale begroting ter tafel gelê is, ‘n verslag by die NV en die NRP indien oor die twee aspekte.
As die verslag wysigings aan dié aspekte insluit, moet die minister minstens twee dae gegun word om op die verslag en enige voorgestelde wysigings te reageer voordat dit aan die NV en die NRP voorgelê word. 
Die twee dae wat die minister kry, is ingesluit by die 16 dae-spertyd vir die NV en die NRP om die verslae deur resolusie te oorweeg vir aanvaarding. 
Die 35 dae daarna
Na die aanvaarding van die fiskale raamwerk moet die Wetsontwerp op die Verdeling van Inkomste na die begrotingskomitee van die NV en die NRP verwys word vir oorweging en ‘n verslag. Die wetontwerp moet binne 35 dae na die aanvaarding van die fiskale raamerk deur die parlement goedgekeur word.  Enige wysiging aan dié wetsontwerp moet konsekwent wees met die aanvaarde fiskale raamwerk.  Die parlement aanvaar gewoonlik die begroting en al sy wette vier maande na die begin van die boekjaar.