Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Drie mans waaronder ‘n prominente menslike hulpbronne-bestuurder van die Noordwes Departement van Onderwys in Rustenburg en twee mede-beskuldigdes het op Maandag, 25 Maart 2024 in die Rustenburgse Landdroshof verskyn op verskeie klagtes van bedrog en geldwassery. 
Olebogeng Modikoe (39), Thulare Joseph Radise (40) en Kabelo Patrice Mosuwe (40) staan tereg op verskeie aanklagtes dat hulle saam ‘n bedrogspul en geldwassery bedryf het deur hulle (Radise en Mosume) as twee spookwerknemers van die departement van onderwys voor te doen vir wie daar “salarisse” van R150 092,87 in die twee se bankrekenings inbetaal is.

Die twee spookwerknemers sou glo op ‘n kontrakbasis vir drie maande in diens van die departement gewees het. ‘n Ondersoek deur die Valke se Ernstige Kommersiële Misdaadondersoekeenheid in Klerksdorp het aan die lig gebring dat die geld in Radise en Mosuwe se persoonlike bankrekenings inbetaal is en dat Modikoe die baasbrein agter die bedrogspul was.
Daar is tydens ‘n spesiale operasie deur die Valke op 23 Maart op die driemanskap in onderskeidelik Rustenburg en Midrand toegeslaan en die mans is gearresteer. Die drie mans is onderskeidelik op borgtog van R5 000 elk vrygelaat en moet weer op 11 Junie vanjaar in die Rustenburgse Landdroshof verskyn.