Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die familie van ‘n 18-jarige meisie van Rustenburg leef in vrees vir haar veiligheid nadat haar pa net meer as ‘n week-en-’n-half gelede voor haar oë net buite hul erf in Krugerstraat 54 Ooseinde deur ‘n 54-jarige verdagte doodgekiet is. 
Die meisie is die enigste ooggetuie in ‘n voorval wat as niks anders as ‘n voorafbeplande aanslag op die lewe van die 44-jarige Jacques Ricardo Gibson beskryf kan word nie. 
Gibson is omstreeks 11:40 op Donderdag, 14 Maart, vlak voor die hoofhek van sy eiendom in Ooseinde na bewering met sewe skote deur ‘n kollega van hom - glo sy werkgewer - doodgeskiet.

Die twee was beide verbonde aan ‘n maatskappy waarvan die vermeende aanvaller die eienaar was en wat op gereelde basis dienste aan die plaaslike mynboubedryf gelewer het. Die verdagte (Sello Rakgoale) is blykbaar benewens sy belange by die maatskappy waar die twee mans gewerk het, ook die eienaar van nog twee ander maatskappye in Rustenburg. Hy is later die aand op die dag van die skietery deur die polisie by sy huis in Tlhabane in hegtenis geneem. Rakgoale het op Maandag, 25 Maart, in die Rustenburgse Landdroshof op aanklag van moord verskyn. Hy is op borgtog van R3 000 vrygelaat en moet weer op 27 Junie in die hof verskyn wanneer die saak hervat word.