Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die liggaam van ‘n 54-jarige vrywillige gemeenskapspatrolleerder is na bewering deur verbygangers in ‘n beboste gebied in Zinniaville, Rustenburg naby die R510 in Tlhabane gevind. 
Melusi Dladla (54) is volgens kol Adéle Myburgh - polisiewoordvoerder in Noordwes - op die toneel dood verklaar.

Hy is glo in die nek geskiet nadat hy deur twee verdagtes gekonfronteer is. Lt-genl Sello Kwena - polisiekommissaris in Noordwes - het dié voorval betreur en gesê dit is jammer as mense wat in diens van die gemeenskap staan en sonder vergoeding werk, deur boosdoeners aangeval en vermoor word. Hy het ‘n beroep op gemeenskapswerkers gedoen om verkieslik nie alleen te werk in gebiede waar daar kommer oor veiligheid is nie. 
Enigiemand met inligting oor die voorval is versoek om met sers Walter Seome by 082 773 0696 in verbinding te tree.