Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - In die Platinastad van die afgelope wie-weet-hoeveel jaar het verbruikers al gewoond geraak aan die feit dat dinge (in besonder munisipale sake) liewers laat is of verkeerd loop as die teenoorgestelde - maar ja, tog lyk dit vir ons ook of die onlangse verkiesing gehelp het om mense uit hul dekades-lange winterslaap wakker te skud en dienslewering ‘n hupstoot te gee. Uitstekende nuus is dat die Rustenburg Munisipaliteit se beplande en wyd-gepubliseerde “Prepaid Rollover Process” met betrekking tot die aanpassing/instelling van voorafbetaalde kragtoestelle by verbruikers se huise grootliks afgehandel is en dat dit in hierdie stadium blyk of die proses selfs ‘n paar maande voor die sperdatum heeltemal afgehandel sal wees.

Op sosiale verbruikersgroepies is die nuus gedeel van slegs sowat 11% van mense met voorafbetaalde kragtoestelle by die huis nog nie hul “rollovers” afgehandel het nie. Verbruikes moet daarop let dat dit uiters noodsaaklik is dat hulle toestelle opgedateer en ingestel word ten opsigte van die jongste riglyne en praktyke. Verbruikers moet ook daarop let dat na die sperdatum van 24 November 2024 dit nie meer moontlik sal wees om voorafbetaalde krag te koop en te laai indien hul toerusting by die huis nie die “rollover” proses ondergaan het nie. Volgens die jongste inligting was Rustenburg se samewerking ten opsigte van die “rollover” proses so goed dat die proses teen 31 Oktober 2024 totaal afgehandel sal wees, het ‘n DA-raadslid aan Rustenburg Herald gesê.