Sidebar

Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
02
Wed, Apr

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Laerskool Rustenburg se skuts het op Saterdag, 8 Maart aan die Buffelspoort Karnaval Interskole-boogskietkompetisie by ATKV Buffelspoort deelgeneem. 
Die Larries-skuts het mooi presteer. 

Alhoewel hulle hierdie keer net aan die individuele kompetisie deelgeneem het, is hulle trots op hul prestasies. Met groot opgewondenheid sien hulle uit na die wonderlike dinge wat die toekoms vir die Larries-skuts inhou. 
Die Larries seuns- en dogterskuts het elk ’n plek in die top 10 verower. Die volgende skut het uitgeblink: Dean Venter het tweede geëindig onder die primêre-seuns se skuts met ’n pragtige telling van 282 uit 300.