RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Op Saterdag, 8 Maart het die Rustenburg Amateur Boksklub se boksers aan die Bert Collins Ontwikkelingstoernooi in Springs deelgeneem.
Die boksers het baie goed gevaar: Mardus van Heerden verloor met ‘n verdeelde besluit,
Stefan Spamer wen met ‘n 3-0 beslissing, Ricardo Miles verloor met ‘n verdeelde besluit, Henco Jordaan wen met oorskadu in tweede rondte en Erich Albrecht wen 3-0 (hy is ook aangewys as die Beste Bokser van die Toernooi).