Pieter Coetzé (voormalige Rustenburger) het Sondag die Wêreldswemkampioenskappe in Singapoer met ’n tweede silwermedalje en ’n splinternuwe Afrikarekord in die 50 meter-rugslag afgesluit en daarmee die Wêreldkampioenskappe met ‘n nuwe rekord en drie medaljes afgesluit. Kliment Kolesnikov, wat as neutrale atleet deelgeneem het, het die wedren gewen in ’n byeenkomsrekordtyd van 23,68.
Coetzé se goud in die 100m-rugslag en silwer in die 200m en 50m, het Suid-Afrika se totaal op vier medaljes gebring, met Kaylene Corbett wat brons in die 200 m-borsslag verower het.