RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Bergsig Akademie en die Rustenburg gemeenskap gons oor die ongelooflike talent van die 14-jarige Mia de Wet. Mia het pas teruggekeer van Pretoria waar sy van 7 tot 11 Januarie die Noordwes-kleure met trots verdedig het tydens die prestige Interprovinsiale Skole-tennistoernooi (IPT). Wat Mia se vertoning selfs meer merkwaardig maak, is dat sy op slegs 14-jarige ouderdom reeds as die nommer 1 gekeurde o/15-dogterspeler in Noordwes aangewys is.
Sy het haar staal gewys teen spelers wat ouer en meer ervare is, en met pure deursettingsvermoë en skitterende spel gewys sy is in ’n klas van haar eie. Rustenburg is ongelooflik trots op hierdie jong kampioen!
Met haar oë stewig op 2027 gevestig, is die doelwit reeds gestel: harde werk om daardie gesogte plek in die Suid-Afrikaanse nasionale span te verseker. Sou sy dit behaal, wag daar vir haar ’n droomtoer na die VSA óf Engeland!









