Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Op 8 Maart het die Rustenburg Gemeenskapskerk weer hulle Buffelspoort Karnaval aangebied. 
Die NW Foxes Boogskietklub het die geleentheid gehad om deel te kon wees van dié verrigtinge deur die Boogskietkompetisie aan te bied.

Dit was ‘n dag waar daar nuwe rekords opgestel is vir boogskiet in AGA-NW. ‘n Massiewe getal van 420 skuts het ingeskryf om deel te wees van die kompetisie. Onder die 420 skuts was ook 22 welpieskuts wat deel kom neem het. Die welpieskuts is kinders vanaf graad 1 tot 3. 
Dit is ook die eerste keer in AGA-NW se geskiedenis dat daar ‘n volle welpiespan was wat medaljes kon ontvang. Daar was ook ‘n uitreikbaan waar belangstellendes kon gaan skiet om meer te leer van boogskiet. Dankie aan Rustenburg Gemeenskapskerk wat hulle weer eens die geleentheid gegee het om deel van hierdie suksesvolle dag te wees.