Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Rustenburg se “berugte” sterkvrou (eintlik sterknooi) - die 16-jarige Veané Nel - het weer geskiedenis gemaak toe sy op Saterdag, 5 Julie, aan die Suid-Afrikaanse Strongman-kampioenskappe in Durban deelgeneem het en uitstekend presteer het deur eerste in die Junior-afdeling en algeheel tweede in die Ope-afdeling te eindig. Haar beste prestasie die afgelope tyd was egter in April vanjaar toe sy tydens ‘n Strongman-kompetisie in Mosselbaai ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord in die Axle Deadlift (180 kg) opgestel het.

Veané is tans die trotse houer van vier Suid-Afrikaanse Strongman-rekords - ‘n prestasie wat min mans haar kan nadoen. Veané se wentrofeë word hierbo deur Blake Lourens - die gasheer van die SA-kampioenskapstoernooi - aan haar oorhandig.