Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Vyf spelers van Sibanye-Stillwater se eerstespan, asook die hoofafrigter - Joel Scherman - was onlangs deel van die Supa-Barbarians (wat uit klubspelers en hul afrigterskorps gekies word) wat voorverlede Dindag op Nylstroom teen Kenia se nasionale rugbyspan te staan gekom het. 

Hierdie stukkie rugbygeskiedenis was ‘n eerste vir Rustenburg en is ‘n betroubare barometer van die gehalte rugby wat deesdae in die Platinastad opgedis word. Kenia, wat al meer as ‘n maand op toer is en tans vir moontlike Wêreldbekerdeelname voorberei, het die Supa-Baabaas naelskraaps met 27 - 24 geklop.
Maar volgens Joel Scherman kon dit net sowel andersom gewees het. “Vir ‘n span wat kwalik 20 minute saam geoefen het was die Baabaas briljant - Van Toitjie tot Shane Kirkwood, van Sakkie Smith tot Mot Taljaard, óf Mthusi Malebye tot die jong MC Smit was almal ewe skitterend. Na ‘n briljante wedstryd waarin Toitjie boonop as Speler van die Wedstryd aangewys is, sal hy voortaan waarskynlik as “Mnr du Toit” bekend staan, het Joel met Rustenburg Herald geskerts. 
Ander spelers wat vir die Supa-Barbarians gekies is, het vanuit Leeus-, Limpopo- en Luiperds-geledere gekom. Ook was daar drie afrigters met Scherman aan die hoof van sake by die voorspelers. Talle spelers het hulself oortref - die Sibanye-manne, die Nylstroom-manne! Daar is gewis nog baie rowwe diamante op die platteland en by oop klubs en hierdie was ‘n duidelik bewys dat die platteland die teelaarde van Suid-Afrikaanse rugbytalent is, het Scherman afgesluit.