Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die burgerregteorganisasie Afri-Forum het onlangs ’n hofbevel bekom waarin die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit verplig is om die rioolwerke te herstel.

Tydens die herstelproses het dit duidelik geword dat die rioolwerke deur rowers geplunder is om onder meer elektriese kabels en pompe te steel. Die munisipaliteit het saaknommers aan AfriForum deurgegee waar die munisipaliteit hierdie insidente van diefstal rapporteer het, sommige van hierdie sake sloer al vir die afgelope drie jaar. 

Die organisasie het na aanleiding hiervan op Vrydag 6 Oktober ’n aanmaningsbrief oor die misdaad by die Klerksdorp rioolwerke aan die Noordwes Provinsiale Kommissaris van Polisie en aan die SAPD in Klerksdorp beteken. In hierdie brief eis AfriForum dat die SAPD ’n skriftelike onderneming sal maak om in te gryp en die rioolwerke sal beskerm sodat die nodige herstelwerk en opknappingswerk kan plaasvind. AfriForum het ook gevra dat die SAPD binne tien dae ’n vorderingsverslag aan die organisasie sal voorsien in verband met die sake wat steeds hangend is. 

Volgens Frans Roos van Klerksdorp se AfriForum tak, is hulle gereed om die SAPD as respondent by te voeg by die komende hofsaak teen die munisipaliteit oor die swak toestand van die rioolwerke. “Ons wil seker maak dat die rioolwerke weer in ’n werkende toestand kom en dat misdaad op die terrein beperk word. Hierdie onderneming wat by die SAPD aangevra word vat geen verpligting weg van die munisipaliteit om te verseker dat hulle die rioolwerke in ’n werkende toestand sal kry soos die hof beveel het nie. AfriForum wil egter alles in hull vermoë doen om die sukses van die aansoek te verseker.‘‘ 

“Die toestand waarin die rioolwerke tans is, is ’n skreiende skande. Rou riool loop in die waterbronne asook in die veld in. Die munisipaliteit het wel ’n poging aangewend om die werke te herstel, maar hulle kon nie die misdaad beveg nie. Dis nou in die hande van die SAPD om die misdadigers te arresteer en aan die pen te laat ry,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Skakel vir Roos by 083 378 8826 om by AfriForum se Klerksdorp-tak betrokke te raak.