Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Onderwyseres van HTS is terug by die skool nadat sy vir ses maande op ‘n navorsingsreis in Hong Kong was.
Antoinette Maritz het 13 jaar Wetenskap gegee en was hartseer om te groet.
“Ek het navorsing in Hong Kong gaan doen vir die Queensland University of Technology in Australië. Die navorsing het gehandel oor die impak wat die atoombomme in Japan gedurende die Tweede Wêreldoorlog steeds op inwoners het. Van die inwoners het na Hong Kong emigreer.’’













