Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Almal het hom as Hennie Spietkop geken, al het hy al agtien jaar gelede die tuig neergelê as verkeersbeampte.
Hennie Prinsloo (63) is op Sondag 17 Augustus oorlede. Hy is op Vrydag 15 Augustus in Wilmed Park opgeneem nadat hy by die huis geval en ‘n heup gebreek het.
Sy vrou, Lindie en kinders is hartseer, maar het berusting. Hennie wat aan Parkinsons se siekte gely het, het drie weke gelede gehoor sy kanker is terminaal en daar is niks meer wat dokters kan doen nie. Sy seun, Clinton, vertel dat sy pa die laaste paar jaar hard baklei het teen kolonkanker. “Ons is bly hy is verdere lyding gespaar. Dit was nie vir hom maklik nie, veral nie die laaste paar dae in die hospitaal nie.’’